top of page
LC%20Spitskop%20Boerdery_edited.png

GESKIEDENIS

Louis het op 'n beesplaas in die omgewing van Maasstroom in Limpopo grootgeword en ná matriek het hy en sy broer Peet 'n onderneming op Dendron begin waar hulle saam met nog 'n vennoot sementstene gemaak het. In 1991 het die vennoot hulle aandele by hulle gekoop en hulle het saam R10 000 en 'n Nuffield trekker gekry.

​

Die twee broers het toe grond by Bylsteel gaan huur en onder meer aartappels onder besproeiing begin verbou. In die tyd is Louis vir sy diensplig deur die Weermag opgeroep en het Peet Pontdrif toe verskuif toe die water by Bylsteel begin probleme gee het.

​

Ná sy Weermagopleiding is Louis ook Pontdrif toe, maar die boerdery kon nie nog 'n vennoot huisves nie en hy het by 'n myn in die omgewing gaan werk voor hy in 1995 die plaas Spitskop van die bekende teemaatskapy, Sapico, gehuur het. Hy het aanvanklik paprika, tamaties en botterskorsies geplant. In 1989 het hy die plaas gekoop.

IMG_5022_edited.jpg

Ná die vloede van 2000 het hy in Augustus daardie jaar begin om aartappels saam met die uie te plant en het hy ook begin aartappels plant saam met 'n vennoot in die omgewing van Tom Burke in Limpopo.

 

Vandag is daar altesame 380 hektaar onder aartappels, 170 hektaar            onder sitrus en 24 hektaar onder tamaties. Die sitrus is hoofsaaklik              geplant op die grond waarop uie vroeër verbou is. Sedert 2019 is die aanplanting van uie gestaak omdat die insetkoste stelselmatig gestyg het. Terselfdertyd het al meer boere uie begin plant en het die markprys net nie tred gehou met die styging in insetkoste nie, sê Louis.

IMG_5010_edited.jpg

Die grootste voordeel wat hy egter sien is dat hy met sitrus die uitvoermark kan benut en buitelandse geld daarvoor kan kry wat meebring dat stygende koste deur die verswakkende ruilwaarde van die rand, geneutraliseer sal word.

Aartappels is nou al vir hom 'n bekende gewas. Die kultivar Mondial verteenwoordig sowat die helfte van die aanplanting van 380 hektaar. Mondial word as wasagtige aartappels geklassifiseer as gevolg van die hoë vog- en lae styselinhoud van die knolle. Dié eienskap maak dit baie geskik om te kook, om ʼn lekker aartappelslaai en ook geurige slaptjips van te maak.

​

Die besproeiingswater wat uitboorgate kom en deur die spilpunte 

wat gemiddeld 20 ha groot is, toegedien word, wissel volgens die 

reënval. As dit nie reën nie word gemiddeld 45 mm tot 55 mm water 

per week toegedien wat gereeld by die heersende klimaatstoestand 

en groeistadia van die aartappels aangepas word.

​

In die omgewing van Tom Burke plant Louis 50 ha tabak en 45 ha 

mielies waarvan 'n gedeelte kuilvoer gemaak en die res as graan gestroop word vir voer vir die beeste. Die tabak word onder kontrak vir 'n maatskappy verbou. Die lugdroogtabak word ook in 'n wisselboustelsel gebruik sodat tabak net elke vierde jaar op dieselfde grond geplant word. Water word met ʼn drupstelsel toegedien.

laaste bladsy.jpg
bottom of page