top of page
Die plaas Spitskop, waar Soutpansberg Bonsmara se tuiste is, lê reg langs die Mara Navorsingsentrum
waar prof. Jan Bonsma met keurige seleksie en kruisteling die Bonsmara-ras ontwikkel het vir Suider
Afrikaanse omstandighede.
Soutpansberg Bonsmara is in 2009 geregistreer nadat die fokus sedert 2006 van Afrikaners en Simmentalers verskuif het na die Bonsmara-ras.
SOUTPANSBERG BONSMARA
Gehalte gene uit die ontstaansgrond van die Bonsmara
Ons is slegs 'n klipgooi geleë van die Mara Navorsingstasie waar Dr Bonsma in 1937 geskiedenis gemaak het met die ontwikkeling van hierdie uitnemende ras.
Kudde diversiteit by uitnemendheid
Alle bulkalwers word aan ’n Fase D-toets onderwerp. Streng seleksie word toegepas en enige bul wat
nie aan die kuddestandaard voldoen nie, al het hy die toets deurgekom, word uitgeskot.
Top teelmaterial aan die hange van die Soutpansberge
Toespitsing op kunsmatige inseminasie verseker die Soutpansberg Bonsmara-kudde se
genetiese vordering en -variasie. Die BenguFarm Genetics tellingsbestuurmodule word ook ingespan om
genetiese teeldoelwitte te bereik.
Spitskop Boerdery
bottom of page